• 082 944 0292
  • info@molopopecans.co.za
  • Mon - Fri: 8:00 - 17:00

Molopo Pekans – jou eenstoppekanneutboomverskaffer

Share on facebook
Share on google
Share on twitter
Share on linkedin
By Molopo kweek hulle oorwegend vyf kultivars, naamlik Wichita, Navaho, Pawnee, Choctaw en Western Schley. Hierdie kultivars is die beste geskik vir die klimaat van die Noordwes, Vrystaat en Noord-Kaap, die omgewing waarvandaan die meeste van Molopo se kliënte kom.
Bestuiwers

Beplan jy om met ’n pekanneutboerdery te begin? Of wil jy jou bestaande pekanneutplantasies vergroot? Molopo Pekanboomkwekery is nét die plek om aan te klop.

By Molopo kweek hulle oorwegend vyf kultivars, naamlik Wichita, Navaho, Pawnee, Choctaw en Western Schley. Hierdie kultivars is die beste geskik vir die klimaat van die Noordwes, Vrystaat en Noord-Kaap, die omgewing waarvandaan die meeste van Molopo se kliënte kom.

Die Whicita-kultivar is die belangrikste draer en beslaan sowat die helfte van Molopo se voorraad bome. Jy plant dié bome hoofsaaklik aan om ’n pekanneutoes te verseker. Choctaw is ’n ander goeie kultivar om jou neutproduksie aan te vul en kan boonop ook as middeltermynbestuiwer gebruik word. Whicita en Choctaw bot in dieselfde tyd.

Die ander drie kultivars (Nahavo, Western en Pawnee) word grootliks as bestuiwers aangeplant. Dit beteken dus dat hierdie bome hoofsaaklik stuifmeel vervaardig wat dan gebruik word om die Whicita- en Choctaw-kultivars te bestuif. Navaho is die eerste om te bot en word dus gebruik om die eerste blomme van die Whicita- en Choctaw-bome te bestuif. Soos genoem, kan die Choctaw-kultivar ook as bestuiwer gebruik word, en dié bome is ideaal om ’n middeltermynbestuiwing te verseker.  Vir later in die seisoen is die Western ’n goeie keuse, omdat dit ná Nahavo en Choctaw blom en dus verdere bestuiwing verseker. Heel aan die einde van die bottydperk staan Pawny sy man om te verseker vir ’n laaste bestuiwing en dus ’n laaste oes van neute.

 

Molopo is tussen Piet Plessis en Stella op die R377 in Noordwes geleë. Besoek gerus die webtuiste by www.molopopecans.co.za of skakel 082 944 0292 vir meer inligting. 

Leave a Replay

Emergency Hotline: 0800 029 999